Welkom by
L'Amour Heelword Sentrum
Multi-Level Neuro-Processing (Basic)
Multi-Level Processing maak van die nuutste neuro-wetenskaplike navorsing gebruik om mense te help om optimaal te funksioneer.
Hoë spanningsvlakke en traumatiese gebeure het 'n direkte invloed op hoe ons funksioneer.
Bv. hoe hoër die spanningsvlak:
- hoe minder oogkontak maak ons
- sukkel om onsself te verwoord
- kan nie aandagtig luister nie
- vergeet waar ons goedere soos sleutels en selfoon gesit het
- is nie oop vir empatie nie
- slaap sleg
- het min energie
- sukkel om ander te vertrou en ons verhoudings ly daaronder
MLNP help die brein om hierdie hoë spanningsvlakke te prosesseer, sodat 'n persoon weer optimaal (normaal) kan funksioneer.
Tydens hierdie opleiding leer jy om die MLNP proses baas te raak sodat jy jou kliënte beter kan help.
(Baie belangrik: Hierdie kursus is ‘n vereiste vir die bywoning van al die ander kursusse)