top of page

Missie

*  Die sentrum lewer diens aan lede van die gemeenskap en die land, ongeag ras of kerkverband.

*  Die sentrum lewer diens op 'n individuele, sowel as groepsbasis.

*  Die sentrum bemagtig persone om hul geloofsverantwoordelikheid teenoor ander in die lig van die 

    Skrif na te kom.

*  Die volgende dienste word gelewer: -

   Ɨ   individuele berading
   Ɨ   seminare
      -  huweliksverryking
      -  traumabegeleiding
      -  gesinsverryking
      -  hantering van depressie
      -  jeugberading

   Ɨ  kursusse
     - berading
     - hoe om trauma te hanteer

   Ɨ onderseuningsgroepe, bv. depressielyers, mense wat iemand aan die dood afgestaan
     het of soos die behoefte mag wees.

   Ɨ om die persoon in sy hele menswees heel te maak, sal van ander professionele 
     dienste soos onder andere mediese dokters, psigiaters, sielkundiges, ens. gebruik 
     gemaak word.

 

As u dus op een of ander manier emosioneel seergekry het, of nou seer het, neem vrymoedigheid om

met ons kontak te maak. Ons sal u graag in die heelword proses wil begelei om weer sinvol en

vreugdevol te leef.

bottom of page